Mnr. Nicolaas Tala, Algemene Werker – Parke en Ontspanning, het erkenning ontvang vir sy 35 jaar diens in die munisipaliteit. Mnr. Tala sê hy geniet sy werk en word altyd met groot respek deur sy kollegas behandel. “Hulle noem my oom,” sê hy, sy waardering duidelik sigbaar in sy breë glimlag. Vir hom is dit 'n vreugde om te help om Prins Albert skoon en netjies te hou.
Selwyn Goliath, Toesighouer/Bestuurder – Sanitasie en Netwerkonderhoud, en Christiaan Minnaar, Senior Waterprosesbeheerder, het albei erkenning ontvang vir 20 jaar diens. Nicole Wicomb, Administrateur: Tegniese Ondersteuning, het haar sertifikaat vir 15 jaar diens ontvang.