“Toe ek die uitnodiging van die munisipaliteit sien, het ek dadelik aansoek gedoen. Jy kan altyd verseker wees dat dit goedkoper uitwerk. Nadat die installasie voltooi is, het hulle vir my gesê om ongeveer R10 se water te laai. Ek het gedink dit is 'n bietjie min, so ek het eerder R20 gekoop. Tot my verbasing het ek 2 900 liter water vir R20 ontvang – meer as genoeg vir 'n huishouding. Die stelsel leer jou om water spaarsamig te gebruik en dit nie te mors nie. Ek sal sterk aanbeveel dat almal voordeel trek uit die munisipaliteit se aanbod om die meters gratis te installeer en die voordele te begin geniet. Ons kan die verskil duidelik in ons beursies sien.”
Mnr. Delport het ook gesê dat die hele proses uiters professioneel hanteer is – van sy aansoek by die Tegniese Departement tot die installering van die meter. “Ek moet die munisipaliteit prys vir hul professionaliteit, vriendelikheid en behulpsaamheid dwarsdeur die proses. Die vakmanskap was ook van besonder hoë gehalte. Na my mening moet almal in Prince Albert wat ernstig is oor die besparing van geld – en water – van hierdie aanbod gebruik maak. Dis 'n wen-wen vir almal.”